Arebbush Travel Lodge

Selfsorg en hotel akkommodasie in Windhoek, Namibië

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel: +27 (0) 21 855 0395


Arebbusch Travel Lodge, wat privaat besit en bestuur word, is ewe gewild onder korporatiewe kliënte en toeriste. Dit bied uitstekende bekostigbare selfsorg-verblyf asook alles ingeslote hotel-akkommodasie in Windhoek, die hoofstad van Namibië.

Die lodge is op die oewer van die droë Arebbusch-rivier geleë. Die omgewing en gerieflike kamers skep ‘n rustige atmosfeer waarin gaste waarlik kan ontspan.

Arebbusch het ook ‘n goed-toegeruste restaurant wat op die fyn detail let, hul kos keurig voorsit en vinnige, vriendelike diens bied. Die spyskaart is versigtig beplan om aan gaste se behoeftes te voldoen, met ‘n wye verskeidenheid geregte wat almal deur kundiges voorberei word. As jy dus alles ingeslote akkommodasie in Windhoek verkies, is Arebbush Lodge jou antwoord.

Hulle is egter ook baie bekend vir die gehalte selfsorg-verblyf wat hulle bied. As jy dus meer onafhanklik wil wees tydens jou besoek aan Namibië se hoofstad, is Arebbush Travel Lodge 'n vanselfsprekende keuse.

Jy kan ontspan langs die vonkelende swembad, waar jy die uitsig oor die Auas-berge om Windhoek kan geniet – ‘n ware stukkie Afrika paradys.

Anders kan jy om die kampvuur sit terwyl jy jou aan die helder sterrehemel van Afrika verwonder. Jy kan ook buite jou chalet ontspan, en na die skouspelagtige sonsondergang oor die Khomas kyk. Die tuine is nog ‘n ware stukkie Afrika. Die atmosfeer is gesinsvriendelik en warm. Arebbusch Travel Lodge bied ‘n veilige rusplek – ‘n heerlike oorblyplek in Windhoek.