CANYON HOTEL & CASINO
Vriendelike diens met goeie ligging in Keetmanshoop, Namibië
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
TEL +27 (0) 21 855 0396
Die Canyon Hotel in Keetmanshoop, Namibië, laat toeriste, besigheidsreisigers en konferensiegangers dadelik tuis voel. Die sentrale ligging van die Canyon Hotel in Keetmanshoop sorg dat die hotel ‘n goeie keuse as oorblypunt is wanneer jy suidelike Namibië verken.
Gaste by die Canyon Hotel in Keetmanshoop, gaan tuis in 70 kamers met lugversorging ('n goeie idee in Namibië se warm somers) elk met en suite badkamer. Party van die badkamers het ‘n bad, terwyl ander weer ‘n stort het. Alle kamers by die Canyon Hotel is toegerus met ‘n yskas, tee-/koffie-stasie, telefoon en TV/radio. Jy kan jou waardevolle besittings in die kluis by die ontvangstoonbank van die Canyon Hotel in Keetmanshoop wegsluit. Kamerdiens is op versoek beskikbaar.
Die ontbyt wat by die Canyon Hotel bedien word, is legendaries (lees maar net die gaste se kommentaar om jou mond te laat water). Die Canyon Hotel het ook ‘n restaurant, kroeg, koffiewinkel, privaat dameskroeg, braai-gebied, swembad en speelplek vir kinders. Die restaurant se spyskaart is a la carte, maar as julle in ‘n groot groep reis kan buffet-etes ook gereël word.
Die Canyon Hotel in Keetmanshoop in Namibië kan ook konferensies vir tot 100 afgevaardigdes akkommodeer.