Indien jy die prag van die Namib-woestyn op die rug van ‘n perd wil beleef, is die Desert Homestead naby Sesriem en Sossusvlei in Namibië net die plek vir jou. Die Desert Homestead in Namibië is ‘n werkende plaas en hul perde is mak en maklik om te hanteer. Selfs gaste wat geen vorige perdry-ervaring het nie, sal gou deel kan hê in die pret.
Vanaf die stoep van die Desert Homestead het jy ‘n ongeëwenaarde uitsig oor die Naukluft-, Tsaris- en Nubib-berge (dit is hoogtepunte van enige reis na Namibië). Dit is die perfekte plek waar jy die heerlike maaltye wat by die Desert Homestead voorgesit word, kan geniet. Die meeste van die bestanddele van die watertandgeregte word op die Desert Homestead Namibië gekweek of geproduseer. As jy nie by die hoofgebou wil eet nie, verskaf die Desert Homestead ook heerlike braaipakke wat jy by jou chalet kan voorberei - dit is waarlik 'n hoogtepunt vir 'n toer in Namibië.
Die 20 chalets by die Desert Homestead is eenvoudig, maar baie stylvol en luuks. Dis op ‘n tradisionele manier gebou om die minste uitwerking op die omgewing te hê en die dekor pas ook by die landskap. Al die chalets by die Desert Homestead is en suite en al die chalets het ‘n tradisionele “stokkie-stoep”. Die ligte en waaiers gebruik batterye wat met wind- of sonkrag gelaai word. By die Desert Homestead is selfs die badkamergeriewe eko-vriendelik.
Die oornagritte na Sossusvlei en Naukluft is ‘n hoogtepunt by die Desert Homestead. Dit is een van die dinge wat jy beslis moet doen as jy in Namibië kom kuier. Dit kan een-nag of twee-nag ritte wees, na gelang van die gaste se tyd. Alle maaltye word deur die gids verskaf, en jy slaap onder Namibië se sterrehemel. ‘n Waarlik onvergeetlike ondervinding.
Die Desert Homestead verskaf ook ritte na Sossusvlei en Naukluft in ‘n lugverkoelde 4x4-voertuig. Die ritte sluit versnaperinge en drinkgoed in , en word deur kundiges gelei. Beleef die magiese sonsondergang in die Namib op ‘n skemerrit na die Kulala Wildernes-reservaat naby die Desert Homestead in Namibië – volledig met versnaperinge en drinkgoed, in ‘n lugverkoelde 4x4 voertuig.
Indien jou nou nie so energiek voel nie, kan jy by die swembad ontspan terwyl jy die omgewing bewonder.