Sossusvlei Dune Lodge

Uitnemende luuksheid by Sesriem in die Naukluft Nasionale Park in Namibië.

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395


“Namibia Wildlife Resorts” het hul eerste lodge in the Namib-Naukluft Park, die Sossus Dune Lodge, in Junie 2007 geloods. 

Die lodge is op ‘n omgewingsensitiewe manier gebou, hoofsaaklik met hout, seildoek en dekgras, en ontwerp om soos ‘n aantreklike “afro-dorpie” te lyk.

Sossus Dune Lodge verskaf ‘n lewensveranderende belewenis aan hul gaste 

Omdat die lodge in die park geleë is, kan gaste reeds voor dagbreek by Sossusvlei uitkom, en tot na sonsondergang bly. As jy terugkom na ‘n opwindende dag, kan jy in die rustigheid en prag van die Namib-woestyn onder die skouspelagtige naghemel van Afrika ontspan.  

Sossus Dune Lodge verskaf professioneel-begeleide toere waarop die prag en biologiese diversiteit van die woestyn ten volle aan die gaste bekendgestel word. 
Besoek gerus hierdie lodge in die woestyn indien jy op soek is na ‘n onvergeetlike ondervinding.