East Gate Lodge
Akkommodasie op die grens met Botswana.
Die East Gate Lodge is gerieflik naby aan die East Gate Grenspos tussen Botswana en Namibië geleë, en verskaf ‘n keuse van akkommodasie vir reisigers oppad van of na Botswana. Self-sorg luukse hutte, rondawels sonder tierlantyntjies of kampeerplekke sal aan elke behoefte voldoen.
Die luukse hutte het lugversorging, TV en ‘n ten volle toegeruste kombuis. Diegene wat slegs wil oorslaap kan uit ‘n verskeidenheid rondawels kies. Kampeerplekke (op gras) en karavaanstaanplekke is ook beskikbaar.
Ys- en vriesgeriewe, asook middagete-pakke, braaigeriewe en braaipakke is beskikbaar. Besoekers kan gerus in die swembad afkoel na die lang reis van die dag.