ONKOSHI

Vir diegene wat die beste dinge in die lewe waardeer. Die nuutste en luuksste oord in die Etosha Nasionale Park.

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395


Op die oostelike grens van die Etosha Nasionale Park is ‘n groot geologiese verskynsel wat vanuit die ruimte gesien kan word. Op hierdie ongewone skiereiland is daar ‘n luukse kamp – Onkoshi.

Onkoshi-ruskamp is ontwerp om ‘n eksklusiewe, ekovriendelike, semi-permanente fasiliteit te wees. Dit is op houtdekke gebou, en baie sorg is aan die dag gelê om te verseker dat Onkoshi-ruskamp so ‘n klein impak as moontlik op die omgewing het.

Die gaste-akkommodasie bestaan uit 15 eenhede wat hoofsaaklik van hout, dekgras en seildoek gebou is. Elke eenheid het ‘n groot houtdek, waar gaste kan ontspan en hul verwonder aan die oeroue misterie van die eeu-oue Etosha Pan. Die uitsig slaan jou asem weg, of die Pan vol water is in buitengewone reënseisoene, of in die droër tye weer in die bekende, uitgestrekte soutpan verander.

Die restaurant en kroeg is in ‘n sentrale area, en ‘n buitelug-swembad wat op die reuse uitgestrekte Etosha Pan uitkyk verskaf lafenis teen die warm Afrika-son. Die eksklusiewe aktiwiteite wat aangebied word sluit begeleide staptogte en begeleide wildritte na die afgeleë gebiede van die Etosha Nasionale Park in.