As jy wil voel hoe dit voel om in ‘n noord-Namibiese dorpie te woon, besoek die luukse Frans Indongo Lodge. Dit is Afrika-warmte wat op ‘n chic, elegante manier vertolk word. Die argitektuur van die Lodge gebruik die tradisionele houtpallisade, kenmerkend van ‘n Ovambo-dorpie, en die kompleks is van natuurlike klip, riet en hout gebou.
Die 8 chalets, 2 dubbelkamers en 2 gesinseenhede word deur savanne omring en hul interieurs weerspieël die kleure en teksture van die veld. Al die chalets en kamers is en suite en lugversorg, en toegerus met tee-/koffie-stasies, yskas, TV, telefoon en haardroër.
Die tuin om die kompleks by Frans Indongo Lodge lok ‘n verskeidenheid voëls en die uitkyktoring in die kompleks stel jou in staat om die diere wat die nabygeleë watergat besoek, te bekyk. Jy kan kies tussen drie staproetes van verskillende afstande, of die heuwel naby die kamp uitklim. Jou moeite sal nie verniet wees nie – die panoramiese uitsig oor die veld na die Waterberg Plato is iets om te onthou. Die meeste van die bome op die staproete is deur ‘n botanis geïdentifiseer en gemerk. Jy sal dus meer omtrent die inheemse bome in hierdie deel van Namibië kan leer.
Geniet ‘n drankie by die kroeg of ‘n verfrissende swem voor jy vir aandete aansit. Die gourmet-spyskaart by Frans Indongo Lodge is geïnspireer deur tradisionele Namibiese wildsgeregte en word deur vars groente en kruie aangevul.
Frans Indongo Lodge is naby die CCF (“Cheetah Conservation Fund”) geleë, waar jy kan sien hoe jagluiperds hul naellope oefen. Dit is jagluiperds wat, weens ‘n verskeidenheid redes, nie in die vrye natuur losgelaat kan word nie, maar steeds hul buitengewone hardloopvermoë moet behou.
Die Trust vir Skaars en Bedreigde Diere het ook ‘n aasvoëlrestaurant naby die Frans Indongo Lodge. Hier kan jy skaars aasvoëlspesies sien – onthou om jou kamera te bring! Onthou ook om ‘n dag te reserveer om die pragtige Waterberg Plato naby die Frans Indongo Lodge in Namibië te besoek.