AKKOMMODASIE IN GOBABIS

Klik op die spesifieke lodge, selfsorg-verblyf of hotel in Gobabis om jou akkommodasie te bespreek.


Zelda Gaste Plaas is naby die grens met Botswana. Dit is ‘n wildplaas baie naby aan die Trans Kgalagadi Hoofweg, omtrent 90 km vanaf Gobabis. Zelda Gaste Plaas het ‘n eksklusiewe gastehuis wat goeie akkommodasie in ‘n ontspanne atmosfeer voorsien.


East Gate Lodge is op die grens met Botswana by Buitepos. East Gate verskaf bekostigbare basiese selfsorg-akkommodasie en kampering vir die reisiger wat bloot ‘n lang reis wil onderbreek.


Goba Lodge is in die dorp Gobabis geleë en is bekend vir hul pragtige tuine en uitstekende diens. Hulle verskaf kampeerplek en akkommodasie van ‘n goeie gehalte.

Gobabis en sy Hinterland

Gobabis is die hoofstad van die Omaheke-streek in die oostelike deel van Namibië. Omtrent 15 000 mense woon hier, maar dit is hoofsaaklik ‘n diensdorp vir die 800 plase in die streek. Hier word met vee geboer, soos jy sal agterkom as jy die standbeeld van die Brahman-bul sien wat jou by die ingang van die dorp verwelkom.

Die dorp se eerste naam “Khoandabes” (wat “die plek waar die olifant kom lek het” beteken), kom van die olifanttande wat in die put van die nedersetting gebêre is. Dit is gedoen om te voorkom dat die tande in die droë warm klimaat kraak. Die nedersetting was die basis van talle ivoorjagters, en daar is ywerig handel gedryf met olifanttande.

Vandag is Gobabis nie meer ‘n handelspos vir ivoorjagters nie, maar is ‘n belangrike deel van die streek se ekonomie. Dit is langs ‘n spoorlyn en is net 110 km vanaf die grenspos met Botswana (wat Buitepos genoem word). Dit beteken dat goedere vanaf Botswana wat vir uitvoer vanaf Walvisbaai bestem is, deur hierdie dorp beweeg. Gobabis is ook op die Trans-Kalahari Hoofweg na Johannesburg geleë, sodat goedere wat na Namibië vanuit Suid-Afrika ingevoer word, ook deur die dorp beweeg.

Behalwe vir die bul-standbeeld, het Gobabis ook ‘n interessante museum wat artifakte uit die Duitse koloniale tydperk uitstal. Omtrent 6 km buite die dorp is die Harnas Leeu-, Luiperd- en Jagluiperdplaas. Hier word wilde diere wat probleme op die talle veeplase kan veroorsaak, gerehabiliteer. Nog ‘n plek wat ‘n besoek werd is, is die Saa Ta Ko Kampterrein, 250 km suidoos van Gobabis. Dit is ‘n gemeenskapsprojek van die Omaheke San Trust wat poog om die tradisionele kultuur van die San te beskerm.