HAKUSEMBE RIVER LODGE
Asemrowende uitsig oor die Kavangorivier of Okavangorivier in die noorde van Namibië naby Rundu.
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
TEL: +27 (0) 21 855 0395
Hakusembe River Lodge is ‘n vriendelike safari-lodge waar jy sommer dadelik welkom sal voel. Hulle bied luukse akkommodasie naby Rundu, Namibië, aan. Dit is die perfekte plek om ‘n paar dae hier deur te bring as jy oppad van of na die gewilde toeriste-aantreklikhede van die Etosha Nasionale Park of Caprivi-strook is.
Onder die 8 luukse chalets wat op die Kavango-rivier uitkyk, is daar selfs ‘n drywende chalet! Al die chalets het en suite geriewe en lugverkoeling, en is toegerus met ‘n kluis, yskas, muskietnette en waaier. Kinders is baie welkom by die Hakusembe River Lodge. Die Lodge laat gestremde gaste veral baie tuis voel. Hulle verskaf ‘n wasgoeddiens en het ook internet-verbinding.
Die sentrale gedeelte van die lodge bestaan uit ‘n pragtige swembad, kroeg en restaurant. Die restaurant van die Hakusembe River Lodge bedien ‘n heerlike Engelse ontbyt, ligte middagete en vir aandete kan jy solank lippe aflek vir hul spesialiteite: wildsvleis, visgeregte en steaks.
Daar is baie om te doen by die Hakusembe River Lodge. Die Kavango-rivier krioel hier van die tiervis (en as jy gelukkig genoeg is om ‘n tiervis te vang, sal die personeel van die Hakusembe River Lodge daarvoor sorg dat jou trofee behoorlik gemonteer word. Jy sal dus nie nodig hê om stories oor “die ou grote wat weggekom het” vir jou vriende tuis op te dis nie…).
Voëls is ook volop in die area: bykans 400 spesies is al geïdentifiseer. Die begeleide voëlkykstappie vroeg soggens is beslis iets wat jy nie moet misloop nie. Jy kan ook water-ski, ‘n rustige bootrit geniet, of een van die spesialiteite van die Hakusembe River Lodge beleef – ‘n sjampanje-bootrit met sonsondergang.
Jy sal die sonsondergange in hierdie deel van Namibië nog lank onthou. Die kultuurdiere sal die Afrika-danse in die aande en ‘n piekniek-safari om die Watu in Angola te besoek, veral geniet.