HOTEL PENSION RAPMUND
Die Swakopmund-hotel met die perfekte ligging
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
TEL +27 (0) 21 855 0395
Alhoewel die Hotel Pension Rapmund nie meer in die hande van die Rapmund-gesin is nie, het dit steeds die vriendelike en huislike atmosfeer van ‘n besigheid wat deur ‘n gesin besit en bestuur word. Die Hotel Pension Rapmund in Swakopmund verskaf bekostigbare tuisbederfies vir reisigers wat graag hierdie fassinerende streek in Namibië wil leer ken.
Die Hotel Pension Rapmund het 20 standaard en suite dubbelkamers, 3 gesinseenhede en 2 luukse suites. Die dubbelkamers het almal gemeenskaplike tee-/koffie-stasies en ‘n yskas. Twee van die gesinseenhede het ‘n klein kombuisie (geen kookgeriewe nie) terwyl die luukse gesinseenheid ‘n mikrogolf-oond het. Die Hotel Pension Rapmund het onlangs die luukse “Gallery-kamer” bygevoeg, wat ‘n privaat patio, direkte see-uitsig, mikrogolf en tee-/koffie-stasie het.
Die ontbyt wat by die Hotel Pension Rapmund voorgesit word is legendaries – nie net in Swakopmund nie, maar ook buite die grense van Namibië. Dit is ‘n heerlike Duitse maaltyd, met alles vanaf graankos tot spesiale vleissoorte. Die personeel by Hotel Pension Rapmund beveel graag die Brauhaus – ‘n restaurant wat Duitse lekkernye voorsit – vir aandete aan. Omdat die Hotel sentraal geleë is in Swakopmund, is daar ‘n hele aantal uitstekende restaurante naby.
Ander geriewe wat deur die Hotel aangebied word, sluit ‘n waskamer, veilige parkering en kluis vir waardevolle besittings aan. Jy kan Namibiese bier, wyn en koeldranke in die sitkamer koop – die ideala plek om te ontspan na ‘n besige dag.
Swakopmund bied talle interessante aktiwiteite aan om by elke smaak en voorkeur te pas. Benewens die ryk Duitse koloniale kultuur van die dorp wat in die talle pragtige ou geboue gesien kan word, het Swakopmund ook iets vir natuurliefhebbers, adrenalien verslaafdes en ywerige fotograwe. Die oeroue Welwitschia plante om die dorp, betowerende kuslyn en maanlandskap van die Messum-krater, woestyntoere, uitstappies na die robkolonie by Kaapkruis, valskermspring, vierwielmotorfietsuitstapppies (“quad bikes”) en selfs sandplankry duin-af teen 80 km/h – Swakopmund is die plek om te besoek.