INTU AFRIKA WILDPARK EN LODGE


Besoek Intu Africa Kalahari Game Lodge in Namibië om die afsondering en skoonheid van die woestyn te beleef en die ware inheemse mense van die streek, die Boesmans, te ontmoet.

Die Lodge is in die skouspelagtige rooi sandduine noordoos van Mariental in Namibië geleë. Hierdie area was die jaggebied van die Boesman-inwoners. Die blou lug raak teen sonsondergang ‘n bloedrooi kleur en saam met die buitelyne van kameeldoringbome wat waghou in die nag, sal jou besoek aan die Intu Africa Kalahari Game Lodge onvergeetlik wees.

Die Intu Afrika Kalahari Wildpark Lodge word as ‘n eko-toerisme onderneming in vennootskap met die !Kung-gemeenskap (afstammelinge van die oorspronklike inwoners van die area) bedryf. Hulle gebruik hul tradisionele kennis en vaardighede om ‘n inkomste te verdien en vir hul gesinne te sorg. Die Intu Africa Kalahari Wildpark Lodge is in die Intu Africa Kalahari Privaat Wildreservaat geleë – ‘n veilige hawe van 10 000 ha vir wild in die suidweste van die Kalahari.

Jy kan tussen vier lodges by die Intu Africa Kalahari Wildpark Lodge kies: die Zebra Kalahari Lodge, die Kameeldoring Kalahari Lodge asook die “Suricate” Tent-Lodge. Die Zebra Kalahari Lodge is op ‘n grasvlakte geleë en word deur akasiabome en rooi sandduine omring. Dit het 8 standaardkamers en 5 luukse suites. Die Kameeldoring Kalahari Lodge is in ‘n ruigte kameeldoringbome tussen rooi sandduine geleë en het 12 standaardkamers. Die “Suricate” Tent-Lodge is op ‘n rooi sandduin en kyk op ‘n vleiland uit. Dit het 11 luukse tente, en een tent spesiaal vir wittebroodspaartjies. Alle lodges het en suite badkamers. Die kamers/suites by die Zebra en die tente by die “Suricate” Tent-Lodge het sit-areas en sjarmante afgesonderde opelugstorte. Die woongebied van elke lodge het ‘n sondek, swembad, restaurant, sitkamer, kroeg – en, natuurlik, ‘n reuse kameeldoringboom. 
 
Gaste by die Intu Africa Kalahari Game Lodge in Namibië kan uitsien na begeleide oggend- en aandwildritte op die duine of op die vlaktes, skemerkelkies in die vuurrooi sonsondergange van die Kalahari, asook romantiese etes onder die sterre. Die hoogtepunt van jou besoek aan die Intu Africa Kalahari Game Lodge in Namibië sal beslis die vroegoggend spoorsnystaptog in die woestyn, saam met jou!Kung-gids wees. Jy sal die kunsies van spoorsny aanleer en kan hoor hoe die voorvaders geleef het.