Kaisosi River Lodge en Kampeerplek
Op die oewer van die Kavango naby Rundu
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395
ANDER NAMIBIë LODGES BESPREKINGS & PRYSE ANDER RUNDU LODGES
0-2 jaar oud deel gratis met volwassenes – 4de bed vir kinders jonger as 18 word teen ekstra koste verskaf
Die Kaisosi River Lodge is 7 km oos van Rundu, in die noordooste van Namibië geleë. Die Lodge is op die oewer van die magtige Kavango of Okavango-rivier en op die roete na die Popa-valle en die Caprivi.
Kaisosi River Lodge gee aan jou die kans om heeltemal te ontspan en ‘n ware Afrika-belewenis te geniet. Hierdie rustige oase, wat in ‘n gewone sedan-voertuig bereik kan word, is die ideale plek waar natuurliefhebbers en voëlkykers ‘n paar vervullende dae kan deurbring.
Akkommodasie by die Kaisosi River Lodge bestaan uit luukse grasdak-chalets, wat as enkel-, dubbel- of gesinseenhede beskikbaar is. Almal het ‘n en suite badkamer. Muskietnette word verskaf.
Die kampeerterrein by Kaisosi River Lodge maak voorsiening vir groepe kampeerders of karavaanreisigers, asook individue en groepe wat hul eie ablusiefasiliteite benodig.
Kaisosi River Lodge het ‘n luukse swembad en kroeggebied, net wat jy nodig het om jou batterye te herlaai na ‘n lang, vermoeiende rit.
Verruklike maaltye word in Kaisosi River Lodge se grasdakrestaurant bedien. Gaste word elke aand teen sonsondergang op ‘n bootrit geneem. Indien jy dit sou verkies, sal hulle ook vir jou ‘n bootrit-ontbyt op die rivier voorsit.
Jou besoek aan Namibië se Caprivi-strook en Rundu sal nie volledig wees as jy nie ‘n paar dae by Kaisosi River Lodge deurbring nie.