MAHANGU SAFARI LODGE

Waar die wild vryelik rondloop.

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel: +27 (0) 21 8550395


Mahangu Safari Lodge is spreekwoordelik “nuut in die buurt” in Namibië se Caprivi-streek, maar het alreeds naam gemaak as ‘n gerieflike, stylvolle tuisgaanplek.

Die Lodge is reg langs die Mahangu Nasionale Park en Wes-Caprivi Nasionale Park in Namibië, op die oewer van die Kavango of Okavango-rivier en naby die Popa-watervalle.

As jy dus oppad is na of van die Okavango Delta, Victoria Watervalle, of Maun, is hierdie die ideale oornagpunt.

By Mahangu Safari Lodge gaan gaste tuis in 7 lugverkoelde en suite, dubbelbed grasdakrondawels, 4 luukse lugverkoelde safari-tente, asook 3 lugverkoelde rondawels met gedeelde fasiliteite (vir toergidse). Die rondawels en die safari-tent het almal tee/koffie-stasie, gefilterde water, muskietnette en haardroërs. Daar is ook ‘n aantal kampeerplekke met kragpunte en gedeelde ablusiefasiliteite reg op die oewer van die rivier.

Die twee dekke wat oor die Okavango-rivier uitkyk is die ideale plek om die sonsondergang te geniet, maar bied ook goeie uitsigplek vanwaar ‘n mens in die aangrensende Caprivi Nasionale Park kan sien.

Dit is ook ‘n gewilde plek vir ywerige fotograwe en voëlliefhebbers – hiervandaan kan ‘n mens baie sien sonder om eers ‘n vinger te verroer. Die restaurant bied ‘n vasgestelde spyskaart aan, en kyk nes die kroeg, sitkamer en swembad op die rivier uit.

‘n Besoek aan Mahangu Safari Lodge bied talle geleenthede vir bootritte op die Okavango-rivier, wildritte in die aangrensende Mahango Nasionale Park en Wes-Caprivi Nasionale Park, bootritte waarop ‘n mens wild kan besigtig, begeleide hengeluitstappies (tiervis is hier volop) en voëlkyk-uitstappies.

Die gebied om die Mahango Nasionale Park is veral geskik vir olifante, seekoeie, krokodille. Die legendariese roep van die visarend kan ook gereeld gehoor word.