Mount Etjo Lodge is naby Otjiwarongo in een van die mooiste dele van Namibië. Hierdie wildreservaat is bekend vir honderde spesies voëls en ‘n groot verskeidenheid soogdiere wat op hul gereelde wildritte gesien en gehoor kan word. Onder die soogdiere wat gesien kan word, is party van die Groot Vyf, soos olifante, swartrenosters, luiperd en leeus, asook witrenosters, seekoeie, jagluiperds en boksoorte vanaf koedoes tot die piepklein Damara dik-dik.
Voor onafhanklikheidswording is die Mount Etjo verklaring by die lodge deur verteenwoordigers van verskillende volke en verteenwoordigers van die VN onderteken. Dit het uiteindelik tot die onafhanklikheid van Namibië gelei.
By Mount Etjo Safari Lodge sal jy die natuur ontdek, en die natuur sal jou ontdek. By die watergate sal jy dikwels soogdiere soos njala sien, terwyl hulle hul dors les…dit terwyl jy jou dors in luuksheid les.
Mount Etjo se maaltye is iets buitengewoon en word in die tradisionele Lapa bedien. Voor en na maaltye kan jy met ‘n drankie om die oop vure ontspan.
Mount Etjo se hoofsuite is pragtig ingerig met ‘n koningsgrootte bed, en suite badkamer met ‘n yslike ronde bad, ‘n privaat sit- en eetkamer, asook ‘n privaat tuin met jacuzzi. Mount Etjo Safari Lodge se junior suite is toegerus met ‘n koningsgrootte bed, en-suite badkamer met jacuzzi en ‘n klein sitkamer. Die ander kamers is ingerig met twee dubbelbeddens, ‘n ruim en suite stort en jacuzz