MUNISIPALE RUSKAMP

Bekostigbare selfsorg-verblyf in Swakopmund.

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH 
TEL +27 (0) 21 855 0395


Vir reisigers wat op soek is na gerieflike selfsorg-verblyf in Namibië wat waarde vir geld bied, is die Munisipale Ruskamp in Swakopmund die ideale keuse. Dit is naby aan die strand, winkels, banke, swembaddens, vulstasies en ‘n aantal interessante winkels. Die Munisipale Ruskamp verskaf “Fisherman’s”-eenhede, A-raam-eenhede en “VIP”-eenhede om gesinne en groepe van verskeie groottes te huisves.

Al die eenhede in Swakopmund se Munisipale Ruskamp is en suite en selfsorg, en is toegerus met ‘n kluis en telefoon. Geen handdoeke word in enige van die eenhede verskaf nie, terwyl die A-raam-chalets en “Fisherman’s”-eenhede ook nie breekgoed en eetgerei verskaf nie. Die “VIP”-rushuis en die Luukse Rushuis voorsien breekgoed, eetgerie, kombuis, sitkamer, waskamer, toesluit-garage en stoep met braaigeriewe.

Swakopmund Munisipale Ruskamp het ook nou ‘n restaurant op die perseel en hulle lewer selfs die ontbyt by jou eenheid af!

Swakopmund bied talle interessante aktiwiteite aan om by elke smaak en voorkeur te pas. Benewens die ryk Duitse koloniale kultuur van die dorp wat in die talle pragtige ou geboue gesien kan word, het Swakopmund ook iets vir natuurliefhebbers, adrenalienverslaafdes en ywerige fotograwe.

Die oeroue Welwitschia plante om die dorp, betowerende kuslyn en maanlandskap van die Messum-krater, woestyntoere, uitstappies na die robkolonie by Kaapkruis, valskermspring, vierwielmotorfietsuitstapppies (“quad bikes”) en selfs sandplankry duin-af teen 80 km/h – Swakopmund is die plek om te besoek.

  

“VIP”-RUSHUIS: 
a) Twee slaapkamers:- Een slaapkamer met ‘n dubbelbed, een slaapkamer met twee enkelbeddens. Een dubbelbank, ingeboude kaste en beddegoed.
b) Sitkamer: TV, muur-tot-muur mat, kaste en glase.
c) Eetkamer: tafel en ses stoele.
d) Kombuis met elektriese stoof (3 plate en oond), opwas, yskas, kaste, eetgerei, elektriese ketel en breekgoed.
e) Badkamer met stort, bad en handewasbak, elektriese prop vir skeertoestelle (110 en 220 V).
f) Toilet.
g) Toesluit-garage.
h) Stoep, braaigeriewe met stoele.
i) GEEN handdoeke of seep word verskaf nie. Eetgerei & breekgoed word verskaf.

LUUKSE RUSHUIS:
a) Twee slaapkamers:- Een slaapkamer met ‘n dubbelbed, een slaapkamer met twee enkelbeddens. Een dubbelbank, ingeboude kaste en beddegoed.
b) Sitkamer: TV, muur-tot-muur mat, kaste en glase.
c) Eetkamer: tafel en ses stoele.
d) Kombuis met elektriese stoof (3 plate en oond), opwas, yskas, kaste, eetgerei, elektriese ketel en breekgoed.
e) Badkamer met stort, bad en handewasbak, elektriese prop vir skeertoestelle (110 en 220 V).
f) Toilet.
g) Toesluit-garage.
h) Stoep, braaigeriewe met stoele.
i) GEEN handdoeke of seep word verskaf nie. Eetgerei & breekgoed word verskaf.

A-RAAM-RUSHUIS (CH):
a) Twee slaapkamers: Een op die grondvloer met twee beddens en een op die eerste vloer met 4 beddens. Kaste in albei kamers, asook beddegoed.
b) Sit-/eetkamer.
c) Kombuis met twee-plaat elektriese stoof, yskas, kas en opwas.
d) Afdak.
e) Stoep, braaigeriewe.
f) Stort, toilet en handewasbak.
g) GEEN handdoeke of seep, breekgoed of eetgerei nie.

4-BED RUSHUIS (WOONSTEL 4):
a) Twee slaapkamers elk met ‘n kas, twee enkelbeddens met beddegoed.
b) Kombuis/eetkamer, yskas, opwas en twee-plaat elektriese stoof.
c) Stort/handewasbak.
d) Toilet.
e) GEEN handdoeke of seep, breekgoed of eetgerei nie.

2-BED RUSHUIS (VIS 2):
a) Een slaapkamers met 2 enkelbeddens en beddegoed.
b) Kombuis/eetkamer, yskas, opwas en twee-plaat elektriese stoof.
c) Stort/toilet/handewasbak.
d) Opwas.
e) GEEN handdoeke of seep, breekgoed of eetgerei nie.
 
Maak asseblief virt ‘n terugbetaalbare kontant sleuteldeposito met aankoms, VIP-Rushuis N$320 per Rushuis, Luukse Eenheid, N$220 per Rushuis, alle ander eenhede N$160 per Eenheid. 
Eetgerei en breekgoed vir alle ander eenhede beskikbaar vanaf stoorkamer slegs gedurende gewone kantoorure (07h30-13h00 & 14h00-16h30) naweke en openbare vakansiedae (09h00-11h00) 
Aankomstyd:     15.00
Vertrektyd:  10.00

VIP REST-HOUSE: 
a) Two bedrooms:- One bedroom with a double bed, one bedroom with two single beds. One double couch, built-in wardrobes and bedding.
b) Lounge: TV, wall to wall carpet, cupboards and glasses.
c) Dining room: table and six chairs.
d) Kitchen with electric stove (3 plates and oven), sink, refrigerator, cupboards, cutlery, electric kettle and crockery.
e) Bathroom with shower, bath and hand basin, electric socket for shavers (110 and 220 V).
f) Toilet.
g) Lock-up garage.
h) Veranda, barbecue with grill and deck chairs.
i) NO towels or soap are provided. Cutlery & crockery provided.

LUXURY REST HOUSE:
a) Two bedrooms: One bedroom with 2 single beds, one bedroom with 2 single beds and a double couch, built-in wardrobes and bedding.
b) Lounge/dining room.
c) Kitchen with electric stove (3 plates and oven), sink, refrigerator, cupboards, electric kettle, cutlery and crockery.
d) Bathroom with shower, hand basin, electric socket for shavers (110 and 220 V).
e) Toilet.
f) Laundry (basin and clothes-line).
g) Lock-up garage.
h) Veranda, barbecue with grill and deck chairs.
i) NO towels or soap are provided. Cutlery & crockery provided.

A-FRAME REST HOUSE (CH):
a) Two bedrooms: One on the ground floor with two beds and one on the first floor with 4 beds. Wardrobes in both rooms and bedding.
b) Sitting/dining room.
c) Kitchen with two plate electric stove, refrigerator, cupboard and sink.
d) Carport.
e) Veranda, barbecue without grill.
f) Shower, toilet and hand basin.
g) NO towels or soap, crockery or cutlery.

4-BED REST HOUSE (FLAT 4):
a) Two bedrooms each with a wardrobe, two single beds with bedding.
b) Kitchen/dining room, refrigerator, sink and two-plate electric stove.
c) Shower/ hand basin.
d) Toilet.
e) NO towels or soap, crockery or cutlery.

2-BED REST HOUSE (FISH 2):
a) One bedroom with 2 single beds and bedding.
b) Kitchen/dining room, refrigerator and two-plate electric stove.
c) Shower/toilet/ hand basin.
d) Sink.
e) NO towels or soap, crockery or cutlery.

Please make provision for a refundable cash key deposit on arrival, VIP Bungalow N$320 per Rest House, Luxury Bungalow, N$220 per Rest House, all other units N$160 per Bungalow.

Cutlery and crockery for all other units are available from storeroom only during normal office hours (07h30-13h00 & 14h00-16h30) weekends and public holidays (09h00-11h00)

Check-in time:     15.00
Check-out time:  10.00