BESPREEK NAMIBIE AKKOMMODASIE

Klik op die spesifieke plek en bespreek jou Namibië akkommodasie

Tel +27 (0) 21 8550395
11 Broad Oaks Close
Somerset West, 7130
South Africa.

Namibia map kunene River lodge Rundu Caprivi Accommodation Etosha National Park damaraland and kaokoland Outjo Khaudum Game Park Otjiwarongo & Waterberg Cape Cross Lodge Hienties Bay Swakopmund Walvis Bay Okahandja Country Hotel windhoek hotel Gobabis Accommodation Solitaire Country Lodge Sossusvlei Mariental River Chalets southern region Hotel Helmeringhausen Lluderitz Keetmanshoop Grunau chalets Grunau Country House Fish River Canyon & Ai-ais Orange River Lodge Visit Botswana Map Visit South African Map

Afstande in Namibië kan misleidend wees. Jy kan besonder vinnig op teerpaaie beweeg en baie stadiger op sekere grondpaaie.



Die weer wat jy kan verwag



Namibië is ‘n land van kontraste. Die land is op die westelike kus van suidelike Afrika geleë, waar die koue Benguela-seestroom op die verlate strande van die Namib-woestyn uitspoel. Hierdie stroom voorsien water wat ryk is aan voedingstowwe en ‘n ryke verskeidenheid visspesies aanlok. Die omvang van landskappe en klimaatstoestande in hierdie enkele land is verstommend – vanaf woestyn tot uitgestrekte grasvlaktes en savanne, tot beboste streke. Wat jy ook al verkies, Temba Reise kan jou help om hierdie pragtige land te ontdek en beleef.

Akkommodasie in Namibië wissel van basiese selfsorg chalets tot luukse 4-ster hotelle. Jy kan op Temba Reise staatmaak om akkommodasie te kry wat jou smaak en sak pas. Namibiese wildreservate en woestyne beskik oor van die beste lodges en kampeerplekke in Afrika. Vanaf Etosha na Damaraland, vanaf die Namib na die Kalahari – daar sal iets wees wat jou pas.

Die meeste mense wat Namibië besoek sal Windhoek Internasionale lughawe as vertrekpunt gebruik. Windhoek het verskeie Hotelle waarvan die baie bekende Windhoek Hotel en Casinodie enigste vyfster-hotel is. Hierdie hotel spog met 'n agtien-putjie gholfbaan en is net Suid van die hoofstad geleë. In die sentrale besigheids area van Windhoek bied die 

Windhoek Safari Hotel

twee hotelle op een landgoed. Die Safari hotel bied uitstekende waarde vir geld terwyl die Windhoek Safari Court luuksheid en bekostigbaarheid kombineer. Vir die wat selfsorg-akkommodasie verkies is 

Arrebusch Lodge 

in die stad of 

Monteiro 

10 km Suid van Windhoek 'n perfekte oplossing

Gobabis is 200 km oos van Windhoek geleë en is nie ver van die grens met Botswana af nie. In die streek word daar word hoofsaaklik met vee geboer, maar daar is ook ‘n groot verskeidenheid wild op wildplase soos die Harnas Sanctuary, wat in die distrik van Gobabis is.Goba Lodge is ‘n baie gerieflike plek om vir ‘n dag of twee oor te bly, of selfs net by oor te slaap as jy oppad is Botswana toe. Ander opsies is die Zelda Gaste Plaas en die East End Lodge wat basiese selfsorg-verblyf aan die moeë reisiger bied.

Vanaf Windhoek in ‘n suidelike rigting is daar reuse woestyngebiede, met bekende hoogtepunte soos Sossusvlei en die Visrivier-canyon. Dis ‘n gebied wat net wag om deur avontuurlustige reisigers verken te word. Baie Suid-Afrikaanse besoekers pak die groot afstande in hul eie voertuie aan, of huur ‘n voertuig.

As ‘n mens vanuit Suid-Afrika reis, is die eerste dorp wat ‘n mens teëkom Noordoewer. Die dorpie word so genoem omdat dit op die noordelike oewer van die Oranjerivier geleë is. Daar is boerderybedrywighede op die rivieroewer en jy sal wingerde sien wat skielik teen die rotsagtige vlaktes van die dorre Namibwoestyn doodloop. Indien jy vir ‘n nag in Noordoewer wil oorslaap, of op die rivier wil kanoroei, bied die Oranjerivier Lodge selfsorg-verblyf in chalets aan.

Die Richtersveld Oorgrenspark is noordwes van Noordoewer geleë. Die wêreld se tweede grootste canyon is in hierdie oorgrenspark, en sorg daarvoor dat die Namib ‘n geologiese paradys is. ‘n Mens kan by die warmwaterbronne by Ai-Ais oorbly, of verder tussen die asemrowende rotsformasies reis en na die Visrivier-canyon gaan kyk, waar ‘n groot verskeidenheid akkommodasie beskikbaar is.  CAÑON LODGE en  CAÑON VILLAGE, is op die westelike rand van die canyon.

Die sentrale gedeelte van hierdie suidelike streek is tussen die Namib-woestyn aan die weste en die Kalahari-woestyn aan die ooste. Geharde vee- en skaapboery voer hier op die dorre vlaktes ‘n bestaan.

Die Namib is een van die oudste woestyne in die wêreld. Daar is bergagtige sandduine en talle fotograwe het al na hierdie suidelike streek gereis om die mooiste foto’s te neem. Die sandduine by Sossusvlei is die hoogste in die wêreld en is ‘n belewenis wat jy nie moet misloop nie. Dit is die beste om vroeg in die oggend na die te gaan kyk, wanneer die skaduwees sorg vir interessante kontraste en die sand nog koel is en ferm om op te loop. Jy moet dus so naby aan Sossusvlei bly as moontlik. Desert Dune Lodge is binne die park geleë en bied luukse akkommodasie aan. Indien jy egte woestynluuksheid wil beleef, is die Sossusvlei Lodge ‘n uitstekende keuse. Vir diegene wat op soek is na selfsorg-akkommodasie, beveel ons Desert Camp by Sesriem aan.

As jy daarvan sou hou om die grondpaaie in hierdie fassinerende woestyn vir ‘n paar dae te verken, is daar ‘n groot verskeidenheid akkommodasie, soos Namib Desert Lodge en Solitairena die noorde, en Desert Homestead en Betesda na die suide. Die Helmeringhausen Hotel is op die pad Luderitz toe.

Luderitz is ‘n klein hawedorpie en is hoofsaaklik bekend vir die diamantontginning wat in die vroeë 1900s daar plaasgevind het. Vandag is daar aansienlik minder diamantontginningsaktiwiteite en ‘n mens kan nie toegang tot die diamantkonsessie-gebiede kry nie.

Spookdorpe soos Kolmanskop naby Luderitz is ‘n oorblyfsel van die diamantontginning van vergange se dae. Die geraamtes van die praghuise op Kolmanskop is ‘n fotograaf se droom. Die Duitse invloed is baie duidelik in Luderitz sigbaar en daar is talle pragtige ouer geboue in die tipiese Duitse styl. ‘n Aantal hotelle en gastehuise verskaf verblyf aan besoekers. Jy kanPension Zur WaterkantHotel Zum Spergebiet of The Nest hotel probeer, wat ‘n pragtige uitsig oor Luderitz-baai bied.

Die hoofpad wat in ‘n noord-suid-rigting deur die middel van Namibië loop, is ‘n goeie teerpad met omtrent geen draaie nie. Op hierdie pad sal jy die klein nedersetting van Grunau in die suide aantref. Grunau is die middelpunt van ‘n skaapboerdery-gebied. Grunau Country House het hotel-tipe akkommodasie, en Grunau Lodge het selfsorg-akkommodasie vir reisigers wat die eentonigheid van die lang, stowwerige pad wil breek.

Keetmanshoop is noord van Grunau. Dit is die vyfde grootste dorp in Namibië en die nie-amptelike hoofstad van Suid-Namibië. Daar is selfsorg-verblyf in Keetmanshoop by Maritz Country Lodge en Home Sweet HomeQuivertree Ruskamp is in ‘n natuurlike kokerboom-reservaat en voorsien selfsorg-akkommodasie. Maaltye word op versoek voorsien. As jy op soek is na hotel-akkommodasie, kan jy by die Canyon Hotel in Keetmanshoop aandoen.

Mariental is bykans 200 km noord van Keetmanshoop. Alhoewel dit ‘n redelik klein dorpe is, is daar verblyf by Hardapdam en Mariental River Chalets. Moenie dat die naam Mariental River Chalets jou om die bos lei nie. Die Visrivier is vir die grootste gedeelte van die jaar kurkdroog en die breë, sanderige rivierloop lyk vir die meeste besoekers nie eens na ‘n rivier nie! In die Kalahari, omtrent 80 km vanaf Mariental, is Intu Africa. Dit is ‘n natuurreservaat waar San (of “Boesmans”) ‘n tuiste gevind het.

Indien jy sou besluit om eerder die noordelike streke van Namibië te verken, sal jy heel waarskynlik in Windhoek begin, of minstens daar jou brandstof en ander voorrade aanvul voordat jy verder noord reis. Windhoek is in ‘n natuurlike kom tussen pragtige doringbome en grasbedekte heuwels geleë.

Okahandja is noord van Windhoek en is ‘n veeboerdery-distrik. Die Okahandja Country Lodge is ‘n aangename hotel aan die buitewyke van Okahandja en sorg vir ‘n koel oorblypunt of ‘n rustige stilhouplek vir ‘n maaltyd.

Indien jou droom is om die wilde Skedelkus te sien, sal jy wes draai en deur Karibib en Usakos reis voordat jy in Swakopmund aankom. Dit is Namibië se bekendste kus-oord. Die Duitse koloniale tydperk kan nog duidelik in baie van die ouer geboue gesien word, soos dieSwakopmund Hotel.

Die Swakopmund Hotel is ‘n luukse hotel wat in die pragtige ou stasiegebou geleë is en met ‘n casino spog. Sams Giardino HotelHotel EberweinHotel Pension Rapmund en die luukseHansa Hotel maak almal daarop aanspraak dat hulle uitstekende diens in die Duitse tradisie bied. Die  Beach Hotel is ‘n stylvolle moderne hotel wat na aan die see gebou is, met ‘n pragtige uitsig op die windverwaaide strand. Die rietbeddings in die mond van die Swakop-rivier huisves ‘n groot aantal voëls en jy sal ook die ongewone Stiltz Lodge hier aantref. The Stiltz is op houtpale gebou en kyk oor die rietbeddings uit. Vir diegene met ‘n beperkte begroting is daar die Swakopmund Munisipale Ruskamp wat selfsorg chalets teen ‘n baie billike tarief aanbied.Alte Brucke is ‘n meer eksklusiewe selfsorg-opsie.

Die windverwaaide Skedelkus bied uitstekende hengelgeleenthede vanaf die strand.Hentiesbaai, Swakopmund en Walvisbaai is bo-aan die lys van hengelbestemmings vir die hengelaars wat elke Desember hierheen stroom. Die lodges en hotelle in en om Hentiesbaai maak vir hierdie ywerige hengelaars voorsiening. Die Eagleton-gesin in Hentiesbaai bestuur die Eagle Holiday Flats. Byseewah Guesthouse sal ‘n hengelekspedisie vir jou reël indien jy hulp benodig. De Duine Hotel is een van die gunsteling plaaslike kroegies en bied hotelkamers en uitstekende maaltye aan besoekers.

Die Skedelkus se naam kom van die talle skeepswrakke wat ‘n mens kan sien. Baie siele het al ook in die verlede in hierdie verlate gebied omgekom weens ‘n tekort aan vars water. In die hierdie verlate plek is die onverwags pragtige Cape Cross Lodge, wat bekend is vir uitstekende maaltye en eksklusiewe akkommodasie. Dit is verstommend as ‘n mens dink dat elke druppeltjie water wat by die lodge gebruik word, met ‘n vragmotor vanaf Hentiesbaai aangery word. Ondanks die strawwe klimaatstoestande is daar nog steeds diere wat in die gebied voorkom. Die woestynjakkals en bruin hiëna het aangepas om sonder water te oorleef, en naby die Cape Cross Lodge kan jy een van die grooste robkolonies op die Namibiese kus besoek. Die ingangshek na die Cape Cross Robkolonie maak om 10 vm in die oggend oop. Beplan jou uitstappie dus hieromheen as jy besoek wil gaan aflê.

Dit is minder as ‘n uur se rit op ‘n soutpad vanaf Cape Cross na die hek van die Skedelkus Nasionale Park. Die enigste oornagverblyf in hierdie park is by Terrace Bay, wat ‘n hele ent verder in ‘n noordelike rigting is.

Vanaf die Skedelkus Nasionale Park sal jy waarskynlik na die binneland beweeg, in die rigting van Kaokoland, vroeër bekend as Damaraland. Kaokoland is ‘n semi-woestyngebied met stokou mopaniebome, kronkelende rivierlope en rooi, rotsagtige riwwe en vlaktes. Ondanks die strawwe toestande kan jy steeds ‘n verskeidenheid dierelewe sien. Naby Palmwag Lodge kan jy dalk gelukkig wees om woestyn-olifante en -renosters te sien. Hierdie reuse diere het aangepas om met minimale watervoorrade te oorleef, deur elke laaste bietjie vog in die plante te gebruik. By Twyfelfontein kan ‘n mens oorbly om na die Versteende Woud te gaan kyk, waar oeroue boomstamme tot rots versteen het. In die Versteende Woud (“Petrified Forest”) kan jy ook die ongelooflike Welwitchia-plante sien – sommige selfs so oud as 2000 jaar. Twyfelfontein Country Lodge is ook nie te ver van uitstekende voorbeelde van Boesmanrotstekeninge en –graverings af nie. In die verte sal jy ook die Brandberg op die horison kan sien. Twyfelfontein Country Lodge is bekend vir uitstekende middagetes, maar indien jy genoeg tyd het is dit ook ‘n wonderlike oorblyplek vir ‘n aand of twee.

Vanaf Twyfelfontein lei alle paaie na Khorixas, die nie-amptelike hoofstad van Damaraland. Aan die buitewyke van Khorixas is die Khorixas Rest Camp wat skoon en bekostigbare selfsorg-verblyf voorsien. Oos van Khorixas is ‘n massiewe vingervormige rots, wat Vingerklip genoem word. Dit word ook die “Vinger van God” genoem, en is ‘n hoë rotspilaar wat vanuit die vlakte verrys. Vingerklip Lodge en Ugab Terrace Lodge verskaf albei luukse akkommodasie in hierdie gebied.

Wanneer jy in die noordooste van Namibië reis, sal jy dalk voel dat jy nou in ‘n ander land is. In teenstelling met die droë suide, is die noorde ‘n subtropiese wonderwêreld. Vanaf Okahandja verander die plantegroei redelik vinnig. Wanneer jy in Otjiwarango aankom, sal jy beslis weet dat jy nie meer in ‘n woestyn is nie. Otjiwarongo is die middelpunt van ‘n florende beesboerdery-distrik en baie van die plase loop oor van wildsbokke en vlakvarke. Daar is lieflike lodges in die gebied. Indien jy ‘n oornagplek soek, kan jy Otjibamba Lodge oorweeg, wat 4 km buite Otjiwarongo is, of Frans Indongo Guesthouse wat noord van die Waterberg geleë is. Mount Etjo Safari Lodge is ‘n luukse lodge wes van Otjiwarongo. Een van die mooiste parke in Namibië is die Waterberg Plato Nasionale Park. Alhoewel die park redelik klein is, is die akkommodasie uitstekend en die plantegroei, voëllewe en wild pragtig.

Vanaf Okahandja sal die noord/suid-pad jou na Outjo neem. Outjo is die poort na die Etosha Nasionale Park in Namibië. In Outjo is die Ombinda Lodge net suid van die dorp en dieEtotongwe Lodge aan die noordekant. Albei voorsien goeie akkommodasie.

Die meeste mense wat na die noorde van Namibië reis wil die bekende Etosha Nasionale Park besoek. Die park bied uitstekende wild- en voëlbesigtigingsgeleenthede om die reuse pan. Hierdie pan is droog vir die grootste gedeelte van die jaar, maar daar is verskeie watergate waar die diere gaan drink. Slegs ‘n paar kilometer van die suidelike hek van die Etosha Nasionale Park is ‘n paar uitstekende private lodges. Die tariewe in die Etosha Nasionale Park is aan die hoë kant, en hierdie private lodges bied goeie fasiliteite teen beter pryse vir diegene wat dag-uitstappies in die park wil onderneem. Die selfsorg-verblyf by Etosha Lodge is uitstekend. Dit is een van die min lodges in hierdie gebied wat selfsorg- akkommodasie in en om Etosha Nasionale Park aanbied. Etosha Safari Lodge verskaf luukse akkommodasie slegs 5 km vanaf Anderson's Gate en hul suster-lodge net om die draai, Etosha Safari Camp, verskaf meer bekostigbare akkommodasie. Hierdie lodges is almal goeie alternatiewe indien jy nie akkommodasie in die Etosha Nasionale Park kan kry nie.

Vandag verskaf al die kampe in die Etosha Nasionale Park luukse akkommodasie en die ou selfsorg-fasiliteite is verwyder. Die drie ruskampe OkaukeujoHalali en Namatoni is almal opgradeer en bied ‘n luukse belewenis vir die reisiger. Die rondawels is nogal duur, maar baie besoekers is gewillig om die prys te betaal om in die Etosha Nasionale Park tuis te gaan. Daar is watergate naby aan al die kampe. Die watergate by Halali en Okaukeujo is ‘n groot trekpleister, alhoewel die Namutoni watergat by die oostelike hek blykbaar minder gereeld besoek word. Indien jy op soek is na die toppunt van luukse, is Onkoshi vir jou. Dit is ‘n nuwe luukse ruskamp in die oostelike gedeelte van die park. Selfs al die die pryse hoog, is ‘n besoek aan die park gewoonlik die moeite werd. Hoë konsentrasies wild besoek dikwels die watergate van Okaukeujo en Halali en jy sal heel waarskynlik ‘n groot verskeidenheid wild kan sien sonder om eers die kamp te verlaat.

Net buite die Etosha Nasionale Park is die wêreldbekende Mokuti Lodge. Mokuti Lodge is duidelik in ‘n klas van sy eie, maar is relatief bekostigbaar as ‘n alternatief tot die kampe in Etosha.

As jy via Tsumeb reis, kan jy noord draai na Ruacana waar verblyf by die Kunene River Lodge beskikbaar is. Vanaf die Kunene River Lodge kan jy die Kunene-rivier besoek, asook die bekende Kaokoland waar die Himba-stam woon. Jy kan ook na die indrukwekkende Ruacana-watervalle ry.

Grootfontein is suidoos van Tsumeb en is ‘n redelike groot dorp. Die Grootfontein meteoriet, wat die grootste bekende meteoriet in die wêreld is, is nie ver hiervandaan nie. Hierdie massiewe stuk metaal wat ons planeet baie jare gelede getref het, se deursnit is bykans 5 meter.

Vanaf Grootfontein kan jy noord reis na Rundu wat op die oewer van die Kavango-rivier geleë is. Angola lê aan die oorkant van die rivier by Rundu. Oos van Rundu is die lang, maer strook land wat as die Caprivi bekend staan.  Kaisosi River Lodge en Hakusembe River Lodge is goeie verblyfkeuses in Rundu. Jy kan ook die Omashare River Lodge oorweeg.

Die Caprivi is in die verre noordelike deel van Namibië. Die Caprivi is ‘n ryk paradys met 4 nasionale parke, ‘n wye verskeidenheid wild, en van Afrika se grootste riviere wat die area deurkruis en begrens. Die magtige Kavango-rivier vloei by Divundu deur die Caprivi-strook en vloei deur die Mahangu Nasionale Park. Waar die rivier Botswana binnegaan word dit die Okavango-rivier genoem. Hier begin dit in kanale en moerasse verdeel. Hierdie rivier is een van die hoofwaterbronne vir die hele Okavango Delta. Op die oewer van die Kavango is ‘n aantal pragtige lodges en kampe. Ngepi Camp, Mahangu Safari Lodge en Popa Falls is almal uitstekende plekke om vir ‘n dag of twee oor te bly.

As jy die Kavango-rivier oorsteek gaan jy die Caprivi Nasionale Park binne. Omstreeks 200 km verder in die park gaan jy oor die Kwando-rivier, en hier is die klein nedersetting Kongola. Naby die punt waar jy die rivier oorsteek, is die Mazambala Island Lodge. Dit is op ‘n eiland in die Kwando-rivier geleë. Verder stroom-af in die Kwando-rivier is die Namushasha Lodge en die gewilde Kwando Camp. Vir ‘n luukse en romantiese bestemming in hierdie gebied kan jy dieLianshulu Lodge in die Mudumu Nasionale Park besoek. Die Kwando-rivier kronkel suidwes hiervandaan totdat dit die Mamili Nasionale Park binnegaan. Hier vorm dit ‘n reuse vleiland wat as die Linyanti Moerasse bekend staan. Hierdie vleilande dreineer in die Chobe-rivier.

Die Chobe-rivier vorm deel van die suidelike grens van die Caprivi en mond in die Zambezi uit. Op die plek waar hierdie groot riviere saamloop, ontmoet die grense van Namibië, Botswana, Zimbabwe en Zambië mekaar.

Die Zambezi-rivier, Afrika se derde grootste rivier, maak deel van die noordelike grens van die Caprivi uit, by die dorpie Katima Mulilo. In Katimo Mulilo verskaf die Zambezi River Lodge goeie hotel-akkommodasie. Die Zambezi is ‘n wonderlike plek vir ‘n rivier-ekspedisie vir diegene wat nog altyd ‘n tiervis wou vang. Meer bekostigbare akkommodasie is by die Kaliso Lodge beskikbaar. Die lodge is op die pad wat suidwaarts na die Ngoma Bridge grenspos na Botswana gaan.

Namibië is duidelik ‘n wonderlike land om te verken en beleef. Laat Temba jou help om jou roete te kies en jou akkommodasie te bespreek.