Okahandja Country Hotel

Die beste akkommodasie en enigste hotel in Okahandja, Namibië

STUUR EPOS
TUISBLAD 
ENGLISH 
TEL +27 (0) 21 855 0395

Beleef egte Namibiese gasvryheid by die Okahandja Country Hotel, net 2 km noord van Okahandja. Dit is die perfekte oornagpunt as jy oppad is na die Etosha Nasionale Park en die Damaraland- en Caprivi-streke van Namibië.

Die Okahandja Country Hotel bied akkommodasie in 22 en suite kamers met enkelbeddens en 2 en suite gesinseenhede. Al die kamers en eenhede is toegerus met lugversorging, satelliet-TV, telefoon en tee-/koffie-stasies. Die Lodge is ten volle toeganklik vir rolstoele en een van die gastekamers is ingerig vir gestremde gaste. Die Okahandja Country Hotel het ook 16 toegeruste kampeerplekke vir diegene wat dit geniet om in Namibië te kampeer.

Hulle het ‘n pragtige swembadgebied en biertuin en die elegante kroeg is die perfekte plek om ‘n drankie te geniet voordat jy aansit in die restaurant. Die Okahandja Country Hotel verskaf Namibiese “bos-aandetes” op versoek, maar daar is braai- en boma-geriewe indien jy self jou kos wil voorberei. 

Die Okahandja Country Hotel speel graag gasheer vir spesiale geleenthede, soos troues, jaareindfunksies of spanbousessies, en hulle kan ook konferensies vir tot 80 afgevaardigdes aanbied. Hulle het al die nodige rekenaartoerusting, en sal spesiale dekor vir tema-geleenthede reël.

Aantreklikhede naby die Okahandja Country Hotel sluit die Gross Barmen Warmbronne (12 km) en Herero-grafte (2 km) in. As jy houtsneewerkers in aksie wil sien, is hulle slegs 1 km ver.