OMASHARE RIVER LODGE

Akkommodasie op die oewers van die Kavango-rivier in Rundu

STUUR EPOS 
TUISBLAD
ENGLISH
TEL +27 (0) 21 855 0395

Die Omashare River Lodge kyk oor die Kavango-rivier uit en spog met 20 en-suite kamers, elk met lugversorging, telefoon en TV met M-Net.

Ontspan by die kroeg, sit op die patio terwyl jy die uitsig oor die rivier geniet, of koel af in die swembad. Geniet ‘n ontspanne ete by die restaurant, of gebruik hul kamerdiens.

Aktiwiteite sluit bootritte, voëlkykery en vlugte in ‘n mikrovliegtuig in.