Ombinda Country Lodge

Perfekte oornagpunt op die pad na Etosha.

STUUR EPOS 
TUISBLAD
ENGLISH
TEL +27 (0) 21 855 0395


Ombinda Country Lodge naby Outjo, Namibië, is ‘n lieflike “country lodge” vir gesinne en verskaf gerieflike, smaakvol ingerigte grasdak akkommodasie in ‘n lieflike tuin. Dit is die ideale oornagpunt as jy ‘n reis na die Etosha Nasionale Park, die Versteende Woud (“Petrified Forest”), Vingerklip en Twyfelfontein beplan.

Die 16 grasdak dubbelrondawels en 4 gesinseenhede is almal en suite en in die winter word snoesige elektriese komberse verskaf. Ombinda Country Lodge het ook ‘n aantal kampeerplekke op lieflike digte gras, met kragpunte, gedeelde ablusiegeriewe, ‘n waskamer en die gebruik van die swembadgebied en die lapa van die restaurant.

In die grasdaklapa word ‘n verskeidenheid geregte voorgesit, insluitend ‘n buffet en ‘n a la carte spyskaart.

Ombinda Country Lodge sal op versoek ‘n tipiese Namibiese braai vir groot groepe voorberei. Jy kan ‘n verskeidenheid verfrissende drankies in die kroeg geniet. Die Lodge is bekend vir hul spysenieringsgeriewe vir troues, konferensies ensovoorts.

Allhoewel Ombinda Country Lodge hoofsaaklik ‘n oornagpunt is, kan gaste nogtans die gebruik van die 3 tennisbane en ‘n 9-putjie gholfbaan geniet (eie toerusting is egter nodig vir albei sportsoorte).

Die area om Ombinda Country Lodge is ‘n paradys vir voëlliefhebbers en jy sal ‘n hele aantal Namibiese voëlspesies kan sien.