OTJIWARONGO EN WATERBERG, NAMIBIE

Klik op die spesifieke lodge, selfsorg-verblyf of hotel in Gobabis om jou akkommodasie te bespreek.


Mount Etjo Lodge - Wêreldbekende oord en wild-reservaat.



FRANS INDONGO - Ontspanning in 'n tipiese Afrika-atmosfeer.


WATERBERG PLATO NASIONALE PARK – Nou ‘n wêreldklas luukse oord.


Otjibamba Lodge slegs vier km vanaf Otjiwarongo.


Otjiwarongo en Waterberg Plateau Nasionale Park

Die Waterberg Plato toring 400 meter bokant die vlaktes daaromheen uit, en is 1878 meter bo seespieël - dus ‘n prominente baken wat ‘n mens van ver af kan sien. Die oudste rotsstratum is 850 miljoen jaar oud en dinosourusse het al 200 miljoen jaar gelede hul spore hier gelos. Die eerste menslike inwoners was die San, wat rotstekeninge van etlike duisende jare oud agtergelaat het. ‘n Klein groepie San het tot die laat 1960s steeds hul tradisionele lewenstyl hier op die plato gehandhaaf.

Waterberg was die terrein van een van die groot keerpunte in die geskiedenis van Namibië. Hier het die Herero-stam hul laaste en grootste geveg teen die Duitse koloniale magte aan die begin van die vorige eeu verloor. Die Herero moes terugval vanaf die Waterberg en het ooswaarts uitgewyk na Brits Betchuanaland (nou Botswana). Duisende is gedood deur die Duitsers wat op hul hake was, en baie het omgekom weens ‘n gebrek aan kos en water. Na raming het sowat twee derdes van die Herero-bevolking gedurende hierdie tydperk gesterf. Die grafte van Duitse soldate wat by Waterberg omgekom het, kan steeds naby die Ruskamp gesien word.

In 1972 is die plato en 41000 hektaar omringende grond as ‘n Natuurreservaat geproklameer. Die plato is moeilik om te bereik, en heelparty van Namibië se bedreigde spesies is hierheen verskuif om hulle teen roofdiere en stropers te beskerm. Die program was baie suksesvol, en die Waterberg voorsien ander Namibiese parke nou van skaars diere.

Terwyl jy die Waterberg Plato besoek sal jy baie verskillende voëlspesies kan sien – meer as 200 verskillende soorte spesies is al hier opgeteken. Die natuurtonele is pragtig en daar is talle kort bosroetes wat jy op jou eie kan aandurf, met nog twee langer staproetes vir die meer energiekes. Daar is talle spesies klein boksoorte op die laer hange van die berg, maar die groter en meer interessante diere is na die Waterberg gebring om die beskerming van die grootliks ontoeganklike plato te geniet.