Outjo Namibie

HOTELLE EN LODGES IN EN OM OUTJO BINNE 100 KM VANAF ETOSHA NASIONALE PARK

LODGES VAN OUTJO IN NAMIBIë

Kliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die spesifieke lodge of kampeerplek te kry of om ‘n bespreking te maak.


Etotongwe Lodge - uitstekende rolstoelvriendelike lodge net 1 km vanaf Outjo in die Noorde van Namibie



Ombinda Country Lodge is die perfekte oornagpunt oppad na Etosha. Hierdie pragtige lodge is in Outjo, Namibië.

Outjo, die poort na Etosha!

Outjo in Namibië is ‘n gerieflike oornagpunt vir baie reisigers oppad na die Etosha Nasionale Park, die Skedelkus, Damaraland of die Kaokoveld.

Outjo is tussen ‘n groep heuweltjies op ‘n kalksteenformasie geleë. Daar kom talle veeplase in die gebied met ruigtes, savanne en vrugbare grasland voor. Die naam Outjo kan vertaal word met plek op die rotse of klein heuweltjies verwysend na die area se heuwelagtige topografie. In die Herero-taal beteken Outjo plek van die keëlvormige heuwels. Outjo het ‘n verskeidenheid landelike Namibiese akkommodasie.