Solitaire Country Lodge

Die plek in die Namib waar almal stop.

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH

TEL +27 (0) 21 855 0395

Die mistieke klein nedersetting van Solitaire doen op meer as een manier aan sy naam gestand. Dit is eenvoudig ‘n moet as ‘n oorblypunt op jou toer van suidwes Namibië en oppad na Sossusvlei toe. Die nostalgiese algemene handelaar bied tuisgebakte brood en appeltert, en natuurlik drinkgoed, brandstof en motorbandherstelwerk aan reisigers.

Solitaire Country Lodge het 23 en-suite kamers, elk met twee enkelbeddens, of dubbelbed, en 2 gesinskamers wat elk 5 gaste kan huisves. Al die kamers kyk op die sentrale binnehof uit waarin daar ‘n reuse swembad is. 

Kampeerplek, rondawels en beperkte etes word in ‘n omgewing met ‘n unieke karakter en ongeëwenaarde gasvryheid aangebied.

Solitaire Country Lodge is slegs 83 km vanaf Sesriem, die ingang na Sossusvlei en is die ideale basis vanwaar ‘n mens die Naukluft-berge kan verken.