KEETMANSHOOP, GRUNAU, NOORDOEWER EN MARIENTAL IN NAMIBIE

Klik op die foto om meer inligting oor die plek te kry.


RIVER CHALETS - selfsorg-verblyf in Mariental


DIE HARDAP DAM ONTSPANNINGSOORD geleë langs die grootste dam in Namibië, 8 km vanaf Mariental, een van die gewildste vakansieoorde in die land.


INTU AFRIKA WILDPARK ‘n wildplaas waar die laaste paar Boesmans (San) steeds in vrede en harmonie met die veld woon. Hier sal jy ‘n luukse lodge aantref.


THE CANYON HOTEL ‘n vriendelike driester-hotel, gerieflik geleë in Keetmanshoop


DIE KOKERBOOOMWOUD RUSKAMP – geleë op die plaas Gariganus, slegs 13 km noordoos van Keetmanshoop – selfsorg met ‘n goeie restaurant.


MARITZ COUNTRY LODGE (VOORHEEN LAFENIS RUSKAMP) – Landelike en bekostigbare akkommodasie naby Keetmanshoop


GRUNAU COUNTRY HOUSE ‘n baie bekostigbare hotel in Grunau, Namibië, bekend vir uitstekende diens.


vGRUNAU CHALETS – goed toegeruste selfsorg-akkommodasie in Grunau..


ORANJERIVIER LODGE- selfsorg-akkommodasie by Noordoewer op die grens tussen Suid-Afrika en Namibië.o

LAND VAN KOKERBOME EN VRIENDELIKE INHEEMSE MENSE

Die gebied om Keetmanshoop is bekend vir kokerboomwoude, prehistoriese visfossiele en dolorietrotsformasies wat deur wind en weer tot wonderbaarlike en vreemde formasies verweer is. As ‘n mens noordwaarts na Windhoek vanaf Keetmanshoop reis, is die vulkaniese rand van Brukkaros ‘n bekende baken. Hierdie eindelose gruisvlaktes en uitgestrekte afstande het ‘n bekoring van hul eie.

Hardap Dam oord, net noord van Mariental, is op hoë kranse geleë wat oor die land se grootste dam uitkyk. Behalwe dat dit ‘n gewilde hengel- en watersportbestemming is, bied die wildpark aan besoekers die geleentheid om ‘n verskeidenheid wildspesies in hul natuurlike habitat te sien.

Grunau, ‘n boerderygemeenskap, en Noordoewer op die Suid-Afrikaanse grens, is albei baie klein dorpies, maar het goeie selfsorg-akkommodasie. Keetmanshoop is die hoofstad van die suidelike streek van Namibië en het ‘n verskeidenheid hotelle, lodges en selfsorg-akkommodasie.