ZELDA GASTEPLAAS

Uitstekende akkommodasie naby die grens met Botswana in Namibië. 

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395


Indien jy op soek is na ‘n “ranch” – Afrika-styl, is die Zelda Game & Guest Farm 90 km oos van Gobabis in Namibië net die plek vir jou. Die Zelda Game & Guest Farm is 25 km wes van Buitepos, die Transkalahari Grenspos met Botswana, op die B6-roete. Die plaas is vernoem na Zelda, die dogter van ‘n voormalige soldaat uit die Tweede Wêreldoorlog, wat in hierdie area van Namibië kom woon het toe grond aan die terugkerende soldate gegee is.

Die Zelda Game & Guest Farm in Namibië bied 10 000 ha bosveld wat propvol vrylopende wild van ‘n wye verskeidenheid spesies is. Die wildritte in die oggend, middag en aand sal jou die geleentheid bied op 20 dierespesies te sien, wat onder andere sebra, kameelperde, springbok insluit. Die Zelda Game & Guest Farm in Namibië het ook ‘n luiperd en vier jagluiperdmannetjies in kampe op die plaas. Hulle word hier gehou omdat hulle as gevaarlike diere deur die boere in die area beskou word, wat met bokke, skaap en vee boer. Hulle word een keer per dag gevoer – kom kyk na hierdie baie spesiale belewenis op die Zelda Game & Guest Farm.

Nog ‘n groot trekpleister by die Zelda Game & Guest Farm is die “Be Wild”-belewenis, waar gaste die geleentheid het om met Nharo-Boesmans kennis te maak.

Hierdie San-stam woon al vir duisende jaar in hierdie area van Namibië. Die Nharo is uiters vaardige spoorsnyers en jagters en ken die veld baie, baie goed. Gaste wat deelneem aan die “Be Wild”-belewenis het die geleentheid om ‘n nag in ‘n tradisionele Boesman-kamp (wat deur die Nharo-Boesmans gebou is) deur te bring. Dit sluit tradisionele sang en dans in, asook ‘n maaltyd wat deur die Nharo voorberei is.

Hierdie belewenis by die Zelda Game & Guest Farm sluit ook ‘n veldstaptog in, waar jy meer omtrent spoorsnyery kan leer by ‘n Nharo-meesterspoorsnyer.

By die Zelda Game & Guest Farm in Namibië word gaste in 16 stylvolle en gerieflike (12 enkelbed-kamers en 4 gesinskamers) gehuisves. Almal is en suite, met ‘n privaat-terras en is toegerus met muskietnette, lugversorging, ‘n kluis, waaiers, en tee-/koffie-stasies. Drie van die kamers is ingerig vir gestremde gaste en party kamers het draadlose internet-verbinding.

Die Zelda Game & Guest Farm in Namibië bied ook 10 kampplekke in die skaduwee van bome aan. Al die staanplekke het warm water, elektrisiteit, braaigeriewe, opwasgebied en skoon ablusiefasiliteite. 

Gaste by die Zelda Game & Guest Farm kan in ‘n heerlike koel swembad ontspan, ‘n drankie in die Baboona-kroeg (met TV) geniet, of met ander gaste klets in die lapa of sitkamer (met TV). Geniet die klanke van die natuur en wild om die kampvuur in die oop boma. Die restaurant by die Zelda Game & Guest Farm sit tradisionele Namibiese kos voor, soos wild-, lam- of beesgeregte met vars groente en heerlike Suid-Afrikaanse wyne.

Kinders kan ook ‘n vakansie op die Zelda Game & Guest Farm geniet, want daar is baie om hul mee besig te hou. Die trampolien, speelgrond en vlugbalbaan sal selfs die energiekste kind besig hou. Onthou om aandenkings vir jou vriende en familie by die snuisterywinkel op die Zelda Game & Guest Farm te koop voordat jy terugkeer huis toe.