![]() |
|||
---|---|---|---|
BULAWAYO ZIMBABWEKliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die onderskeie lodge te kry of om te bespreek. |
|||
Churchill Hotel in Bulawayo, Zimbabwe se tweede grootste stad. |
|||
![]() |
Bulawayo Rainbow hotel. ‘n Luukse hotel in die SSK van Bulawayo, Zimbabwe |
||
BULAWAYO HOTELLE - ZIMBABWE |
|||
Bulawayo, die tweede grootste stad in Zimbabwe, is in Matabeleland geleë. Die plaaslike inwoners noem die stad ook Bulliesberg, die Stad van Konings, “Skies”, “Bluez” of “KoNthuthu ziyathunga” (plek van rokende vure). Bulawayo is ‘n mengelmoes van kulture en die meeste inwoners kan drie plaaslike tale praat. Die stad van Bulawayo is op ‘n vlakte naby aan die waterskeiding tussen die Limpopo- en Zambezi-dreineringspunte geleë en is die stad naaste aan die bekende Victoria-watervalle, Hwange Nasionale Park en Matopo Nasionale Park. Die beroemde Kame Ruïnes, ‘n Unesco Wêrelderfenisterrein, is slegs 22 km wes van Bulawayo in Zimbabwe. Hierdie ruïnes dateer uit die Laat-Ystertydperk en maak nou deel van die Mazwi Natuurreservaat uit. Ander besienswaardighede naby Bulawayo sluit die Chipangali “weeshuis vir wildsoorte”, waar siek of weesdiere versorg word, in. By Chipangali naby Bulawayo kan jy ook swartrenoster, luiperd, jagluiperd, leeu, verskeie boksoorte en talle voëls sien. Die Mzilikmzi Kuns- en Handwerksentrum bied aan toeriste die geleentheid om plaaslike kuns en handwerk direk by die kunstenaars te koop, terwyl die Bulawayo Kunsgalery, die natuurhistoriese musuem, spoorwegmuseum, asook Zimbabwe se hoofmuseum ook alles in Bulawayo is. Die erflating van Cecil John Rhodes, die beroemde Britse imperialis en sakeman is duidelik sigbaar in Bulawayo. Alhoewel Bulawayo in 1840 deur die Ndebele-koning uMzilikazi kaMatshobana gestig het, het die Britte onder aanvoering van Leander Starr Jameson in 1893 beheer oor die stad geneem. Lobengula, wat op daardie tydstip die Ndebele-koning was, het gevlug en Rhodes het Bulawayo op die oorblyfsels van die ou Ndebele-stad gebou. Vandag sal jy steeds name soos “British South African Company”, “Bulawayo Scouts”, Frederick Selous en Frederick Russell Burnham in die geskiedenis van die stad teëkom. Die Cresta Churchill Hotel en die Rainbow Hotel in Bulawayo bied verblyf van ‘n baie hoë standaard. Die unieke Tudor-argitektuur van die Cresta Churchill Hotel laat ‘n mens terugdink aan vergange se dae, terwyl die Rainbow Hotel die grootste hotel in Bulawayo is.
|