Temba Logo
Great Zimbabwe

ZIMBABWE HOTELLE
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
S20 15 78 E30 55 84
Toegang VSA $ 15 per volwassene

GREAT ZIMBABWE MONUMENT

Kliek eenvoudig op die foto om nog inligting te kry of om ‘n bespreking by die onderskeie lodge of hotel by Great Zimbabwe te maak.

 
Lodge at the Ancient City

Die Lodge at the Ancient City bied luukse verblyf met ‘n asemrowende uitsig op die Great Zimbawe Monument.

Great Zimbabwe Hotel
Great Zimbabwe Hotel. Die hotel naaste aan die Great Zimbabwe monument.
Norma Jeans Lakeview Lodge

Norma Jean's Lakeview Lodge het ‘n pragtige tuin en uitsig op die meer naby Great Zimbabwe Monument. Hotel en selfsorg-verblyf.

Great Zimbabwe Monument

Die Great Zimbabwe Monument is vroeër die Zimbabwe Ruïnes genoem. Dit dateer uit die Laat-Steentydperk en is die oorblyfsels van die hoofstad van die Koninkryk van Zimbabwe. Hierdie koninkryk het tussen 1100 tot 1450 n.C. bestaan en het op die Gokomere- en Ziwa-kulture van 400 tot 700 n.C. gevolg. Hierdie kulture het deel van ‘n handelsnetwerk wat tot sover as China gestrek het, gevorm. Dit is sedert 1986 ‘n UNESCO Wêrelderfenisterrein en is 30 km vanaf Masvingo geleë.3.

Die konstruksie van Great Zimbabwe Monument het oor ‘n tydperk van 400 jaar plaasgevind. Die dik mure (op party plekke is dit tot 5 meter dik), is uit klip gebou wat op so ‘n manier gestapel is dat geen sement of pleister ooit gebruik is nie. Die antieke stad beslaan ‘n oppervlak van 722 hektaar en wetenskaplikes raam dat dit tot ongeveer 18 000 mense gehuisves het.

Daar is twee denkrigtings oor die betekenis en oorsprong van die woord Zimbabwe. Volgens een teorie kom die woord van “Dzimba-dza-mabwe” af, wat “groot kliphuise” in die Karanga-dialek van die Shona-stam beteken. Die Karanga-sprekers was die eerste mense wat in hierdie gebied kom woon het. Die ander moontlikheid is dat die woord van “Dzimba-hwe” afkomstig is, wat “vereerde wonings” in die Zezuru-dialek van die Shona-stam beteken. Hierdie term verwys na die wonings of grafte van hoofmanne.

Soortgelyke strukture kom ook op ander terreine voor. Daar is 200 kleiner “Zimbabwes” in die suider-Afrikaanse streek, byvoorbeeld Bumbusi (in Zimbabwe) en Manekweni (in Mosambiek). Die Great Zimbabwe monument is by uitstek die bekendste argeologiese terrein in Suider-Afrika en die Zimbabwe-Ruïnes is al vir baie jare ‘n besienswaardigheid wat net eenvoudig besoek móét word.

Great Zimbabwe word in drie groepe verdeel: die Heuwel-kompleks (die oudste deel van die Great Zimbabwe, waar die Zimbabwe-voëls wat uit seepsteen gekerf is en so hoog soos ‘n mens is, gestaan het), die Vallei-kompleks en die Groot Omringing (wat uit ‘n binne- en buitemuur bestaan, met die 5 m-hoë Koniese Toring wat tussen die twee mure gebou is). Argeoloë vermoed dat die drie groepe strukture op die werk van opeenvolgende konings dui.

Argeoloë is onseker oor hoekom die stad by Great Zimbabwe uiteindelik tot niet gegaan het. Moontlike redes sluit die stigting van ander meer gunstige handelsterreine, asook watertekorte en hongersnood wat deur klimaatsveranderinge en oorbevolking veroorsaak is, in.

Mutirikwi-meer (voorheen bekend as die Kyle-dam) is die derde grootste mensgemaakte meer in Zimbabwe en is naby die Great Zimbabwe Monument. Dit is by die samevloeiing van die Mshagashe- en Mutirikwi-riviere gebou en die damwal is 63 m hoog (gemeet vanaf die bodem van die kloof). Die wildpark by Mutirikwi-meer huisves luiperd, witrenoster, seekoei, jakkals, boksoorte asook van die grootste akkedisse ter wêreld.

Lodge at the Ancient City kan vanaf die Great Zimbabwe monument gesien word. Hierdie oord het baie moeite gedoen om die atmosfeer van die Erfenisterrein vas te vang, veral op argitektoniese gebied. Hulle verskaf verblyf wat waarde vir geld bied, boonop met ‘n unieke aanslag. Great Zimbabwe Hotel is slegs ongeveer 800 m vanaf die Great Zimbabwe Wêrelderfenisterrein geleë en is ‘n groter en meer luukse oord wat meer geriewe bied. Norma Jeane’s Lakeview Resort (voorheen as Inn on Great Zimbabwe bekend) bied huislikheid en gasvryheid. Behalwe volverblyf, is daar ook ten volle toegerusde selfsorg-verblyf, sakpas-akkommodasie met braaigeriewe, asook kampeerplekke by Norma Jean’s Lakeview Resort.

 

Norma Jeans Lakeview Lodge Great Zimbabwe Hotel Lodge at the Ancient City