Temba Logo
Lake Kariba Zimbabwe

ZIMBABWE HOTELLE
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH

LODGES EN HOTELLE VAN KARIBA

Kliek eenvoudig op die foto om nog inligting oor spesifieke verblyf in die Matopo-Heuwels te kry, of om te bespreek.

 
Caribbea Bay
Caribbea Bay Hotel . Die luukste hotel by Karibadam in Zimbabwe.
Cutty Sark Hotel
Cutty Sark Hotel is 'n meer bekostigbare hotel by Kariba
Tamarin Lodges

Tamarind Lodges Skoon basiese selfsorg akkommodasie by Kariba in Zimbabwe.

Spurwing Island
Spurwing Eiland. 'n Luukse oord op 'n eilandvan Karibadam.
Fothergill Island
Fothergill Eiland. Gesluit tot verdere kennisgewing.
 

Karibadam Zimbabwe

Toe die Karibadam in 1962 voltooi is, was dit die grootste mensgemaakte meer ter wêreld. Die damwal is 128 m hoog en 600 m lank. Die meer daaragter is massief – meer as 30 km breed en amper 300 km lank.

Kariba word dikwels die Riviera van sentraal-Afrika genoem, en is die speelplek van die rykes en bekendes. Die talle seiljagte (wat “boothuise” in Zimbabwe genoem word) is ‘n duidelike teken hiervan.

Kariba beteken “klein strik”. Dit verwys na die klein opening in die Zambezi waar die damwal tussen 1958 en 1963 gebou is. Vandag is Kariba steeds een van die grootste hidroëlektriese kragstasies ter wêreld en voorsien Zimbabwe en Zambië van elektrisiteit.

‘n Klein visspesie, die Kapenta, is in die vroeë 1960’s in die dam gevestig. Vandag is dit een van die plaaslike inwoners se belangrikste bronne van proteïen. Meer as 100 ton word elke nag gevang. Afrika se gewildste sportvis, die tiervis, maak jag op die reuse Kapenta-skole. Geen wonder dat hengel so ‘n gewilde aktiwiteit by die Kariba-meer is nie! Gedurende die somermaande is jy gewaarborg daarvan om ‘n hele paar visse uit te trek. Die “Kariba bream” is ‘n kleiner en baie smaakliker vis en jy sal dit heel waarskynlik op jou hotel se spyskaart aantref.

Soos wat ‘n mens van so ‘n pragtige plek kan verwag, is talle hotelle met die verloop van jare gebou. Ongelukkig het die meeste daarvan weens die politieke onstuimigheid gesluit. Die enigste oorblywende twee hotelle is Cutty Sark en die luukse Caribbea Bay-oord. Ander blyplekke sluit Tamarind Lodges (wat basiese en baie bekostigbare selfsorg-verblyf aanbied) en die eilande van Matusadona Nasionale Park in.

Spurwing Island, Fothergill Island en die luukse Bumi Hills is plekke waar jy beslis grootwild sal kan sien en waar die hengelgeleenthede ook puik is.
Caribbeabay Hotel and resort Cutty Sark Hotel Tamarind Lodges Spurwing Eiland Kariba Fothergill Eiland