MATUSADONA NASIONALE PARK KARIBAKLIK OP DIE FOTO OM MEER INLIGTING OOR DIE HOTEL OF LODGE TE KRY EN OF OM 'N BESPREKING TE MAAK. |
||
---|---|---|
Spurwing Eiland. 'n Luukse oord in Karibadam naby Mutusadonna Nasioanle Park |
||
Fothergill Eiland. Tydelik gesluit |
||
MATUSADONA NATIONAL PARK - KARIBA |
||
Die Matusadona Nasionale Park is op die suidelike oewer van die yslike Kariba-meer in Zimbabwe geleë. Kariba is nie ‘n natuurlike meer nie, maar het tot stand gekom toe die magtige Zambezi-rivier teenaan die grens met Zimbabwe en Zambië opgedam is. Kariba-meer het ‘n hele paar legendes en mites. Die bekendste hiervan is hoe die riviergod, Nyaminyami, ontevrede was oor die opdam van die Zambezi. Volgens oorlewering het Nyaminyami sy woede gewys deur die verwoestende oorstromings van 1958 te veroorsaak. Die Matusadona Nasionale Park in Zimbabwe loop oor van wild en is ‘n bestemming waar jy die wild gedurende stapsafari’s, boot- en kano-uitstappies, asook wildritte in viertrekvoertuie kan besigtig. Matusadona Nasionale Park het ‘n groot aantal reuse Nyl-krokodille. As jy lus voel om een van hierdie prehistoriese gediertes te ontmoet, weet jy nou waarheen om te gaan. Daar is soveel krokodille in die Matusadona Nasionale Park, dat Zimbabwe se Nasionale Parkeraad krokodilboere toelaat om gedurende Oktober hier te kom krokodileiers versamel! Omdat daar soveel krokodille in die Matusadona Nasionale Park in Zimbabwe is, word gaste nie aangeraai om te swem nie (behalwe as jy dit in ‘n hok doen wat aan een van die vele huisbote wat hier beskikbaar is, vasgemaak is). Olifante is mal daaroor om in die water af te koel. Hier in Matusadona Nasionale Park sal jy die ongelooflike gesig van swemmende olifante kan aanskou. Seekoeie is ook volop. Talle boksoorte, asook leeus en swartrenosters word ook dikwels gesien. As jy van hengel hou, bied die Matusadona Nasionale Park volop geleentheid om veral tiervis te vang. Die sonsondergang in Matusadona Nasionale Park is asemrowend. Voeg hierby die talle dooie bome (wat gedurende die aanvanklike bou van die dam in die slag gebly het) en heerlike sitplek vir visarend en duikers bied, en daar het jy die resep vir die pragtige foto’s wat jy in Matusadona Nasionale Park in Zimbabwe kan neem.
|