Temba Logo
Vumba Mountain Zimbabwe

ZIMBABWE HOTELLE
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH

Kliek eenvoudig op die foto vir nog inligting oor die onderskeie hotel in die Vumba-berge of om te bespreek
 
Inn on the Vumba

Inn on the Vumba ‘n boetiekhotel in die Engelse styl in die Vumba- (of Bvumba-berge) in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe.

Leopard Rock Hotel
Leopard Rock Hotel in die Vumbaberge is ‘n luukse 5-ster oord met ‘n gholfbaan.

Vumbaberge or Bvumbaberge Zimbabwe

Die Bvumba-berge (of beter bekend as die Vumba-berge) is deel van die Oostelike Hooglande van Zimbabwe. Dit is van graniet, byna 2600 miljoen jaar oud, en lê op die grens tussen Zimbabwe en Mosambiek, bykans 25 km vanaf Mutare.

Die oggendmis wat so kenmerkend is aan die gebied, het gesorg vir die berge se naam: Bvumba is die Shonas se woord vir mis. Die klimaat is koel aan aangenaam en talle van Zimbabwe se beste hotelle is in die Vumba-berge geleë. Die gebied is ook bekend vir die talle koffieplantasies.

Jy sal sien hoekom die mense die gebied in en om die Vumba-berge die “ander gesig van Afrika” noem. Hierdie deel van Zimbabwe stem glad nie ooreen met die meer bekende gesig van uitgestrekte grasvlaktes wat in rolprente soos “Out of Africa” te siene was. Behalwe vir die natuurlike flora van die savanna-houtbos, soos “boomvarings” (Brachystegia), het die Vumba-berge ook diep klowe vol groen mos, en strelitzias, aalwyne en proteas op die hoër plekke. Die Bunga Forest Botaniese Reservaat en Vumba Botaniese Tuin is twee baie bekende besienswaardighede in hierdie streek van Zimbabwe. Probeer om jou reis in Zimbabwe so te reël dat jy hierdie gebied in die lente of somer besoek. Die oorvloed kleurvolle plante, soos begonias, krismisrose en fuchsias sal jou besoek aan die Bvumba-berge onvergeetlik maak.

As skoenlappers jou belangstelling is, sal jy baie skaars spesies in die Vumba-berge kan sien. Voëlkykers oral ter wêreld beskou die Bvumba-berge in Zimbabwe as een van die beste plekke om die skaars Swynnerton Rooiborsie te sien. Daar is ook soogdiere in die area, soos luiperd en die lewendige Samango-apies.

Die Vumba-berge in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe het die mens al sedert die vroegste tye bekoor. Die Chinhamapere-heuwel (aan die Mosambiekse kant van die Vumba-berge) is ‘n belangrike kultuurterrein wat uit die Ystertydperk dateer. Die rotstekeninge wat deur die swerwerjagter-inwoners van die Vumba-berge gedoen is, is 8000 jaar oud en is ‘n belangrike deel van die argeologiese erfenis van Zimbabwe. Die Vumba-berge maak egter steeds deel uit van die kulturele en religieuse lewe van Zimbabwe, omdat die gebied steeds vir genesing-, reënmakery of voorspellingsrituele gebruik word. Jou besoek aan die Vumba-berge sal nie volledig wees as jy nie die Chinyakwaremba gesien het nie. Die woord beteken “heuwel wat gaan sit het”. Volgens volksoorlewering in Zimbabwe het hierdie heuwel versink as gevolg van ‘n bose vloek wat daaroor uitgespreek is.

Leopard Rock Hotel is bes moontlik een van die bekendste oorde in Zimbabwe. Behalwe dat hulle uitstekende akkommodasie in een van die mooiste plekke op aarde aanbied, is hierdie Hotel in die Bvumba-berge ook die tuiste van die Leopard Rock gholfbaan (Tiger Woods se gunsteling baan). Inn on the Vumba is ‘n kleiner hotel in die Bvumba-berge, maar bied ook baie goeie verblyf aan toeriste wat Zimbabwe besoek. Inn on the Vumba is nader aan Mutare as Leopard Rock Hotel, maar omdat daar geen TV, telefoon of internet-toegang is nie, sal ‘n mens moontlik meer rus en vrede kan geniet.

Inn on the Vumba Leopard Rock Hotel