|
||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Mlibizi-Lodge in Zimbabwe is ‘n toevlugsoord vir hengelaars en die ideale plek vir ‘n heerlike gesinsvakansie. Die brosjure van Mlibizi-Lodge spog dat daar geen beter plek op aarde is om eenvoudig niks te doen nie! Mlibizi-Lodge is op die oewer van die Kariba-meer in Zimbabwe, op die roete tussen Bulawayo en die Victoria-watervalle. Hwange Nasionale Park is omtrent 180 km vanaf Mlibizi-Lodge, terwyl die Victoria-watervalle omtrent 250 km vanaf Mlibizi-Lodge is. Vyftig gaste kan in ‘n verskeidenheid akkommodasie by die Mlibizi-Lodge tuisgaan. Daar is ses grasdak-rondawels wat almal oor die Kariba-meer uitkyk. Almal is en suite en kan 4 volwassenes huisves. Daar is ook vyf grasdak-rondawels in die tuin van die Mlibizi-Lodge, almal en suite, wat twee volwassenes kan huisves. Dan is daar 2 woonstelle in die Lodge se tuine, albei met 2 afsonderlike badkamers, en albei geskik vir 4 volwassenes en 3 kinders. Vyf grasdak-lodges wat ook in die tuin van Mlibizi-Lodge staan kan 2 volwassenes en 2 kinders huisves, en het elk ‘n en suite badkamers en stoep. Daar is ook een selfsorg-villa in die tuin van Mlibizi-Lodge in Zimbabwe, waar 12 tot 15 volwassenes kan tuisgaan. Die villa is ruim met 2 badkamers, afsonderlike toilette, ‘n baie groot woonkamer, ten volle toegeruste kombuis en braaigebied. Alhoewel die verblyf by Mlibizi-Lodge langs die Kariba-meer in Zimbabwe muskietbestand is, word gaste aangeraai om vooraf malariatablette te drink en muskietweermiddels in te pak. Gaste moet ook onthou om hul 220V-proppe in te pak (saam met die verkyker en kamera ….) Die Cikwazi Restaurant by die Mlibizi-Lodge in Zimbabwe verskaf gewoonlik ‘n vaste spyskaart, maar sal ‘n spesiale braai of buffet vir ‘n minimum van 25 gaste voorberei. Al die tafels kyk op die meer uit, en die restaurant is met reg trots op hul reputasie. Die personeel by die Mashasha-kroeg by die Mlibizi-Lodge in Zimbabwe maak aanspraak daarop dat hul enige mengeldrankie kan maak – kom kyk of hulle reg is! Bykomende geriewe by die Mlibizi-Lodge in Zimbabwe sluit ‘n wasgoeddiens, kinderoppassers, swembad en aandenkingwinkel in. Alhoewel daar ‘n konferensiekamer is, moet jy sorg vir al die elektroniese toerusting. Die dae by die Mlibizi-Lodge in Zimbabwe draai om die Kariba-meer. Die hoofaktiwiteite is hengel en wildbesigtiging. Daar word talle bootritte deur die Mlibizi-Lodge aangebied, insluitend voëlkykritte vroeg soggens, bedags en saans, asook halfdag en voldag hengelekspedisies. Die voldagrit sluit ‘n braai in. Die Mlibizi-Lodge in Zimbabwe bied ook ‘n krokodilsoekspedisie op die Kariba-meer aan. Hierdie bootrit begin net na aandete en soekligte word ingespan. Gaste kan ook die naburige Saba-warmbronne en Tonga-nedersettings waar handwerk en kuns gekoop kan word, besoek.
|
||||||||||