|
|||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sterrekykers en diegene wat hou van rus en vrede sal sielsgenote kry by Gweta Lodge in Botswana. Hierdie lodge is op die rand van die Makgadikgadi-panne geleë en is ideaal vir mense op reis vanaf Moremi na Kasane of Victoria-watervalle. Gweta (wat “plek van die brulpaddas” beteken) is 200 km vanaf Maun en 100 km vanaf Nata. Gweta Lodge is die ideale punt vanwaar die verskeie fasette en aktiwiteite in die Makgadikgadi-panne in Botswana verken kan word, sonder om jou beursie leeg te maak. Gweta Lodge se spesiale aandjie onder die sterre is ‘n belewenis wat jy nie moet misloop nie. Reis vanaf Gweta Lodge na die Makgadikgadi-panne met ‘n safari-voertuig of vierwielmotorfiets (“quad bike”). Jy word onder die Afrika-sterrehemel met ‘n 5-ster maaltyd bederf en daarna kan jy gaan slaap op ‘n bed. Jou slaapkamer is die uitgestrekte Makgadikgadi-panne. Vir die meer avontuurlustiges bied Gweta Lodge kragvlieërs en landseiljagtogte op die Makgadikgadi-panne. Jaag in volle vaart oor die panne teen ‘n spoed van 60 km/h terwyl jy slegs ‘n paar sentimeter vanaf die soutoppervlak is. Jy jaag in ‘n klein tuigie waaraan ‘n vlieër of permanente seil vasgeheg is. Na hierdie avontuur sal jy beslis anders na die lewe kyk! Akkommodasie by Gweta Lodge naby die Makgadikgadi-panne in Botswana is gerieflik en daar is ‘n paar opsies waaruit jy kan kies. Die luukse kamers is en suite, met twee enkelbeddens of een dubbel, ‘n balkon, en is toegerus met lugversorging, muskietnette, TV, tee-/koffiestasies, kamerdiens en eie parkeergebied. Die gesinskamers by Gweta Lodge kan 4 mense huisves. Die gesinskamers is en suite en toegerus met plafonwaaiers, muskietnette en afsonderlike parkering. Die gesinskamers by Gweta Lodge word daagliks skoongemaak. Die enkel- en dubbelkamers by Gweta Lodge het grasdakke. Hulle is en suite en toegerus met plafonwaaiers en muskietnette. Gweta Lodge bied ook rondawels met egte Afrika-grasdakke. Hulle is nie en suite nie (‘n silwerskoon ablusieblok is baie naby), maar het muskietnette en plafonwaaiers. Vir reisigers met ‘n beperkte begroting is daar sakpaskamers met enkel- of stapelbeddens. Die sakpaskamers deel die badkamergeriewe met die kampeerterrein. Die kampeerterrein by Gweta Lodge het ‘n vuurput vir kosmaak en om die ander gaste gesellig te ontmoet. Uitstekende maaltye word in die restaurant en kroeggebied by Gweta Lodge voorgesit. Die swembad is ook in die kroeggebied. Gweta Lodge naby die Makgadikgadi-panne het ook ‘n wynkelder vir die fynproewer. Hierdie luukse Botswana lodge bied ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite aan om jou besoek aan die Makgadikgadi-panne onvergeetlik te maak. Dag 1 Oornag in Gweta Lodge en maak gereed vir ‘n belewenis van ‘n leeftyd. |
|||||||||